Ek praat Afrikaans, en vind dit moeilik om my probleem te vertaal na Engels. Ek is bewus van die die Multi_key wat 'n persoon aan 'n Windows_Key kan koppel om die sogenaamde "Compose_key" te kry. As jy die kappie op die e wil he, druk jy compose+^+e om ê te verkry. Dit is goed vir iemand wat reeds Linux ken. Maar nie handig vir mense wat van 'n Windows agtergrond af kom nie. Ek wil nog steeds die Alt+Numpad (ascii kode) kombinasie van gebruik maak.
Op Windows druk mens Alt+136 om ê te kry. Hoe kan ek xmodmap gebruik om hier die tiepe kombinasie te kry. As dit beteken dat ek elke karakter moet definïeer sal ek dit doen, maar ek het net 'n begin punt nodig om kombinasie van meer as 2 knoppies te maak. Ek hoop iemand kan my verstaan hier.

